6 Sonder regverdiging het jy van jou eie familie goed in pand gevat,jy het die klere van dié wat niks het nie, van hulle afgestroop.
7 Jy het vir dié wat uitgeput was, nie water gegee nieen geweier om vir dié wat honger was, kos te gee.
8 Jy, 'n ryk man, het grond in besit gekry,jy, 'n man van aansien, woon daarop.
9 Maar jy het weduwees met leë hande van jou af weggestuuren weeskinders sonder heenkome gelaat.
10 Daarom is daar net vangstrikke rondom jouen het angs jou skielik oorval.
11 Daarom is dit so donker dat jy nie kan sien nieen verswelg vloedwaters jou.
12 Is God dan nie hoog in die hemel nie?Kyk net hoe hoog sit die sterre!