1 “Waarom stel die Almagtige nie tye vas vir afrekening nie?Waarom moet dié wat Hom ken, tevergeefs uitsien na sulke dae?
2 Mense verskuif grenslyne,hulle steel troppe vee en laat hulle by hulle eie vee wei,
3 hulle vat die weeskind se donkieen lê beslag op die bees van die weduwee,
4 hulle druk die armes van die pad af;die behoeftiges van die land moet wegkruip.
5 Soos wildedonkies moet die armes in die woestyn gaan kos soek,die dorre wêreld moet vir hulle kinders kos voorsien.
6 Hulle oes veevoer op die land om dit self te eet,hulle soek oorskiettrossies in die wingerde van die goddeloses.
7 Hulle moet die nag kaal deurbring, sonder klere,hulle het geen beskutting teen die koue nie.