7 Hulle moet die nag kaal deurbring, sonder klere,hulle het geen beskutting teen die koue nie.
8 Hulle is deurnat van die reëns in die berge,daar is geen skuiling nie, hulle hurk agter die rotse.
9 Die weeskind word weggeruk van die bors waaraan hy drink,die armes word vir skuld verpand.
10 Hulle loop kaal rond, sonder klere,hulle dra gerwe uit, maar ly honger,
11 hulle trek die olyfpers,hulle trap die parskuipe, maar bly dors.
12 In die stad kerm die sterwendes,dié wat aangerand is, roep om hulp,maar God slaan nie ag op die onreg nie.”
13 “Daar is mense wat nie die daglig verdra nie,wat niks te doen wil hê met wat in die dag gebeur nie,wat nie van die dag se paaie hou nie: