1 Toe die drie vriende ophou om Job te antwoord omdat hy volgehou het dat hy onskuldig is,
2 het Elihu seun van Barakel, 'n Bussiet uit die familie van Ram, kwaad geword vir Job. Elihu het kwaad geword omdat Job volgehou het dat hy reg het, nie God nie.
3 Elihu was ook kwaad vir die drie vriende van Job omdat hulle Job nie reg geantwoord het nie en nie aangetoon het dat hy skuldig is nie.
4 Terwyl die vriende met Job aan die praat was, het Elihu stilgebly, want hulle was ouer as hy.
5 Maar toe hy merk dat die drie manne Job nie verder antwoord nie, het hy kwaad geword.