2 Sion se kosbare inwoners,vroeër so waardevol geag soos suiwer goud —ag, hoe word hulle nou beskou as erdepotte,die werk van 'n pottebakker.
3 Selfs 'n jakkals gee vir sy kleintjie die speenen laat hom drink,maar my volk het so wreed gewordsoos volstruise in die woestyn.
4 Die suigelinge se tongesit aan hulle verhemeltes vas van die dors;kindertjies smeek om broodmaar niemand gee vir hulle iets nie.
5 Mense wat vroeër ryk geëet het,beswyk nou van honger op die strate,mense wat in weelde grootgeword het,lê nou op die vuilgoedhope.
6 Die sonde van my volkis groter as dié van Sodomwat in 'n oomblik vernietig issonder dat mense daar 'n hand teen uitgesteek het.
7 Die leiers van Sion het meer glans gehad as sneeu,hulle was witter as melk,blakend gesond van kleur,mooi van voorkoms.
8 Maar nou is hulle swarter as roet,hulle word nie eens op die strate herken nie;hulle is net vel en been,uitgedroog, soos hout.