2 Hy mag dit slegs doen in die geval van 'n naaste bloedverwant van hom: sy ma of pa, sy seun of dogter, sy broer
3 of 'n eie suster as sy 'n ongetroude jongmeisie is.
4 Hy mag hom nie verontreinig deur naby die lyk van 'n aangetroude familielid te kom nie.
5 Priesters mag nie as teken van rou hulle hare of wangbaard afskeer of aan hulle liggame snymerke maak nie.
6 Hulle moet aan hulle God alleen gewy wees en mag nie sy Naam ontheilig nie. Omdat hulle gedurig offers aan die Here hulle God bring, moet hulle gewyd bly.
7 “'n Priester mag nie trou met 'n prostituut of met 'n meisie wat nie meer 'n maagd is nie. Hy mag ook nie met 'n geskeide vrou trou nie; hy is aan sy God gewy.
8 “Jy moet die heiligheid van die priester erken, Israel! Hy is immers die een wat die offers vir jou God aanbied. Die priester moet vir jou heilig wees, want Ek die Here is heilig en Ek heilig julle.