6 Hy het Aäron en sy seuns laat naderkom na die altaar toe en hulle gewas.
7 Daarna het hy die priesterklere vir Aäron aangetrek en die serp vir hom omgebind. Hy het die mantel vir hom omgehang en die skouerkleed vir hom aangetrek deur dit met die band wat daaraan was, om sy lyf vas te maak.
8 Hy het ook die borssak daaraan vasgebind en die urim en tummim in die borssak gesit.
9 Hy het die tulband om sy kop gesit en die goue blom aan die voorkant van die tulband vasgesit as 'n besondere wydingsteken. Dit is alles gedoen soos die Here Moses beveel het.
10 Moses het toe met die salfolie die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf. So het hy dit vir die diens van die Here gewy.
11 Hy het naamlik sewe maal van die olie teen die altaar gesprinkel en die altaar met al sy gereedskap en ook die waskom en sy staander gesalf om dit te wy.
12 Hy het ook van die salfolie op Aäron se kop gegooi om hom te salf en aan die diens van die Here te wy.