1 Ek het gesê: Luister, leiers van Jakob,regeerders van Israel!Weet julle nie wat reg is nie?
2 Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet,julle wat die mense se vel van hulle afskeur,die vleis van hulle bene af,
3 wat my volk opeet asof hulle vleis is,hulle vel afstroopen hulle bene opkap,wat hulle opsny vir die kookpot,soos vleis vir die braaipan.
4 Wanneer hulle tot die Here roep,sal Hy hulle nie antwoord nie.Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie,want hulle het baie verkeerd gehandel.
5 So sê die Here oor die profete wat my volk verlei,die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry,en as iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar: