2 Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet,julle wat die mense se vel van hulle afskeur,die vleis van hulle bene af,
3 wat my volk opeet asof hulle vleis is,hulle vel afstroopen hulle bene opkap,wat hulle opsny vir die kookpot,soos vleis vir die braaipan.
4 Wanneer hulle tot die Here roep,sal Hy hulle nie antwoord nie.Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie,want hulle het baie verkeerd gehandel.
5 So sê die Here oor die profete wat my volk verlei,die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry,en as iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar:
6 Daar is vir julle net nag, nie 'n gesig nie,donkerte, nie 'n voorspelling nie.Die son sal ondergaan vir hierdie profete,die dag sal pikdonker word oor hulle.
7 Die sieners sal teleurgestel staan,die voorspellers sal bedroë daarvan afkom.Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou,want God sal nie antwoord nie.
8 Ek, daarenteen, het baie krag,ek het die Gees van die Here, 'n sin vir regen die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak,aan Israel sy oortreding.