7 Die sieners sal teleurgestel staan,die voorspellers sal bedroë daarvan afkom.Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou,want God sal nie antwoord nie.
8 Ek, daarenteen, het baie krag,ek het die Gees van die Here, 'n sin vir regen die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak,aan Israel sy oortreding.
9 Luister hierna, leiers van Jakob,regeerders van Israel,julle wat die regspraak minagen alles verdraai,
10 julle wat vir Sion met moord gebou heten Jerusalem met onreg:
11 Jou leiers lewer uitspraak vir omkoopgeld,jou priesters gee onderrig teen salaris,jou profete maak voorspellings teen betaling,en tog verwag hulle hulp van die Here!Hulle sê: “Die Here is by ons, onheil sal ons nie tref nie.”
12 Daarom is dit julle skulddat Sion soos 'n stuk land geploeg sal word,dat Jerusalem 'n puinhoop sal word,dat die tempelberg 'n hoogte vol bossies sal word.