19 Net toe Korag die hele gemeente teenoor Moses-hulle by die ingang van die tent van ontmoeting laat saamkom, word die magtige teenwoordigheid van die Here vir die hele gemeente sigbaar.
20 Die Here sê toe vir Moses en Aäron:
21 “Gee pad van hierdie gemeente af, dat Ek hulle in 'n oogwink kan vernietig.”
22 Maar Moses en Aäron het op hulle knieë geval en gebid: “O God, God wat aan alle mense die lewe gee, sal u toorn teen die hele gemeente ontvlam as net een mens gesondig het?”
23 Toe sê die Here vir Moses:
24 “Sê vir die gemeente: Gee pad van Korag, Datan en Abiram se tente af!”
25 Daarna het Moses na Datan en Abiram toe gegaan, en die leiers van Israel het hom gevolg.