1 Ek het in hierdie wêreld ellende gesien wat swaar druk op 'n mens:
2 God gee aan iemand rykdom, besittings en eer, en so iemand kom niks kort van wat hy begeer nie, maar God laat hom nie daarvan geniet nie, en iemand anders gebruik dit.Ook hier kom dit tot niks.Dit is bitter swaar.
3 'n Man kan honderd kinders hê en baie lank lewe, maar hoe oud hy ook al word, as hy nie die goeie dinge kan geniet nie en nie eens in 'n graf begrawe word nie, is 'n doodgebore baba beter daaraan toe as hy.
4 'n Doodgebore baba kom tot niks, dit sien nooit die lig nie en kry nie eens 'n naam nie.