1 Die Here is Koning,Hy beklee Hom met majesteit.Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag.Die wêreld staan vas, dit wankel nie,
2 en vas staan u troon van ouds af:U is van altyd af daar.
3 Riviere het gedruis, Here,riviere het gedruis,riviere het gedreun,
4 maar hoog bo die geraas van baie waters,hoog bo die golwe van die see,troon die Here in sy koninklike mag.