4 Rykdom vergader baie vriende;'n arm mens word van sy enigste vriend vervreem.
5 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;wie leuens kwytraak, kom nie vry nie.
6 Almal soek die goedgesindheid van 'n man met mag,elkeen is die vriend van iemand wat geskenke uitdeel.
7 As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie,bly sy vriende ook van hom af weg,en om hulle te soebat, help nie.
8 Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf;hy stel prys op insig sodat hy voorspoed kan geniet.
9 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;wie leuens kwytraak, gaan tot niet.
10 Weelde pas nie by 'n dwaas nie,nog minder behoort 'n slaaf oor mense van aansien te regeer.