7 As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie,bly sy vriende ook van hom af weg,en om hulle te soebat, help nie.
8 Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf;hy stel prys op insig sodat hy voorspoed kan geniet.
9 'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;wie leuens kwytraak, gaan tot niet.
10 Weelde pas nie by 'n dwaas nie,nog minder behoort 'n slaaf oor mense van aansien te regeer.
11 'n Verstandige mens beteuel sy humeuren stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.
12 'n Koning se woede is soos die brul van 'n leeu,en sy goedgesindheid soos dou op die gras.
13 'n Dwase seun is sy vader se ondergang;die gekyf van 'n vrou is soos die gedrup uit 'n dak wat lek.