14 “Sleg! Sleg!” sê die koper,maar as hy weg is, spog hy met sy winskopie.
15 Daar is goud, daar is edelstene,maar om met kennis van sake te praat, is nog kosbaarder.
16 As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom afen hou dit as pand, want hy is 'n uitlander.
17 Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed,maar agterna sal jy klippe kou.
18 Planne wat op goeie raad steun, slaag;vra raad voor jy oorlog maak.
19 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;bly weg van iemand wat baie praat.
20 As jy jou vader en moeder vervloek,is jou lewe daarmee heen en bly net die pikdonker oor.