23 Hulle het toe twee manne se name genoem. Dit was Josef en Mattias. Josef se ander name was Barsabbas en Justus.
24 Toe het hulle gebid en gevra: “Here, U ken almal se harte. U het een van hierdie twee manne gekies
25 om in Judas se plek te werk en ’n apostel te wees. U moet vir ons wys wie dit is, want Judas het sy werk gelos en hy het na sy eie plek gegaan.”
26 Hulle het lootjies getrek en die lootjie het gewys dit moet Mattias wees. Toe was Mattias ook ’n apostel saam met die elf apostels.