6 Toe hulle hoor dat hierdie sterk wind kom, het baie van hierdie Jode saamgekom by die huis. Hulle het nie geweet wat gebeur nie, want hulle het gehoor hoe praat die gelowiges in die tale van elkeen van hulle wat uit die ander lande van die wêreld kom.
7 Hulle was baie verbaas en hulle het gesê: “Al hierdie mense wat so praat, kom van Galilea.
8 Elkeen van ons hoor sy eie taal wanneer hulle praat. Hoe gebeur dit?
9 Want ons is Jode uit verskillende volke: Perse, Mediërs, Elamiete, mense wat woon in Mesopotamië, Judea, Kappadosië, Pontus, Asië,
10 Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië naby Sirene, en mense wat woon in Rome,
11 ook Jode en heidene wat die Jode se godsdiens aanvaar het, Kretensers en Arabiere. Ons hoor hoe praat hulle in ons eie tale oor die groot dinge wat God gedoen het.”
12 Hierdie Jode was almal verbaas en deurmekaar. Hulle het vir mekaar gesê: “Wat kan dit beteken?”