5 En ons lees ook dat God sê: “Hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.”
6 Die mense wat voorheen die goeie boodskap gehoor het dat God vir hulle rus sal gee, het nie ingegaan in die plek waar hulle kan rus soos God vir hulle belowe het nie. Hulle het nie ingegaan nie omdat hulle ongehoorsaam was. Maar party mense sal kan ingaan in die plek waar hulle veilig kan wees en kan rus, soos God belowe het.
7 Daarom het God besluit dat daar weer ’n dag sal wees wat Hy “Vandag” noem. Dit het gebeur toe Dawid lank hierna gepraat het oor die dinge waaroor ek nou geskryf het. Dawid het gesê: Vandag, wanneer julle luisterna wat God sê,dan moet julle nie hardkoppigwees nie.
8 Want as Josua die volk gebring het in ’n land waar hulle veilig kan woon en kan rus, dan sou God nie later gepraat het van ’n ander dag nie.
9 Daarom sal die volk van God nog kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, soos hulle op die Sabbatdag rus.
10 Want wanneer God iemand laat rus, dan werk die persoon nie meer nie, soos God gerus het toe Hy klaar gewerk het.
11 Daarom moet ons hard probeer om daardie rus by God te kry, sodat niemand van ons so ongehoorsaam sal wees soos Israel was nie.