13 Daar is niemand wat belangriker is as God nie. Toe Hy vir Abraham ’n belofte gemaak het, het God nie gesê dat iemand sy getuie is nie. God was sy eie getuie toe Hy vir Abraham belowe het
14 en gesê het: “So seker soos Ek lewe, Ek sal jou baie seën, Ek sal jou nageslag baie maak.”
15 En so het Abraham geduldig gewag vir die dinge wat God belowe het, en daarna het die dinge met hom gebeur wat God belowe het.
16 Want wanneer mense iets belowe, dan sê hulle gewoonlik iemand is die getuie, en die getuie is belangriker as hulleself. Hierdie belofte wys dan dat dit waar is wat hulle sê, en niemand kan dan nog daaroor stry nie.
17 God wou baie graag wys dat die dinge wat Hy wil doen, nie kan verander nie. Hy wou dit wys vir die mense wat alles sal kry wat Hy belowe het. Daarom was God sy eie getuie om te wys dat die dinge wat Hy belowe het, seker is.
18 God het dinge belowe en Hy is sy eie getuie, en hierdie twee dinge kan nie verander nie omdat God nie kan lieg nie. Ons het na God toe gevlug. Daarom kan ons baie seker wees dat die dinge nog sal gebeur, en ons kan hoop en wag daarvoor.
19 Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos ’n anker wat keer sodat ’n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan.