10 Mordegai het geskryf dat die briewe van die koning kom en hy het die seël van die koning op die briewe gesit. Boodskappers het op vinnige perde van die koning gery om die briewe weg te neem na al die provinsies.
11 In die briewe was geskryf dat die koning vir die Judeërs in elke stad sê dat hulle bymekaar mag kom om te veg om hulle lewe te beskerm. Daar was ook geskryf dat hulle al die manne mag doodmaak wat vir hulle aanval, dit maak nie saak van watter volk of provinsie die manne kom nie. Hulle mag ook die manne se vroue en kinders doodmaak, en hulle mag daardie manne se goed vat.
12 Dit moes gebeur in al die provinsies van koning Ahasveros, op één dag, op die 13de dag van die twaalfde maand, die maand Adar.
13 Die boodskappers moes briewe na elke provinsie neem en al die mense moes weet dat dit ’n wet van die koning is. Die Judeërs moes op daardie dag gereed wees om hulle vyande te straf.
14 Die boodskappers het gery op vinnige perde van die koning. Die koning het gesê hulle moet gou maak. Die mense in die stad Susan het gehoor wat die koning gesê het
15 en hulle het gejuig en feesgevier. Toe Mordegai weggaan van die koning, het hy koningsklere en ’n groot goue kroon gedra, die koningsklere was van blou wol-materiaal en linne. Sy bo-kleed was van pers wol-materiaal en fyn linne.
16 Die Judeërs kon weer hoop. Hulle was bly en vrolik, hulle het geweet dat hulle belangrik is vir die koning.