12 Dit moes gebeur in al die provinsies van koning Ahasveros, op één dag, op die 13de dag van die twaalfde maand, die maand Adar.
13 Die boodskappers moes briewe na elke provinsie neem en al die mense moes weet dat dit ’n wet van die koning is. Die Judeërs moes op daardie dag gereed wees om hulle vyande te straf.
14 Die boodskappers het gery op vinnige perde van die koning. Die koning het gesê hulle moet gou maak. Die mense in die stad Susan het gehoor wat die koning gesê het
15 en hulle het gejuig en feesgevier. Toe Mordegai weggaan van die koning, het hy koningsklere en ’n groot goue kroon gedra, die koningsklere was van blou wol-materiaal en linne. Sy bo-kleed was van pers wol-materiaal en fyn linne.
16 Die Judeërs kon weer hoop. Hulle was bly en vrolik, hulle het geweet dat hulle belangrik is vir die koning.
17 In elke provinsie en elke stad waar hulle gehoor het wat die koning besluit het, was die Judeërs bly en vrolik. Hulle het feesgevier, dit was vir hulle ’n goeie dag. Baie van die ander mense het gesê dat hulle ook Judeërs is, want hulle was baie bang vir die Judeërs.