18 Daardie dag sal die mense van vyf stede in Egipte die taal praat van die mense in die land Kanaän, en wanneer hulle iets belowe, dan sal hulle die Naam van die Here noem, die Here wat oor alles regeer. Een van die stede se naam sal wees: Die-Stad-Wat-Verwoes-Is.
19 Daardie dag sal daar in Egipte ’n altaar vir die Here wees, en op die grens van Egipte sal ’n klip-paal vir die Here wees.
20 Dit sal in Egipte die teken wees dat die land behoort aan die Here wat oor alles regeer. Wanneer die Egiptenaars swaarkry omdat mense hulle verdruk, dan sal die Here iemand stuur om hulle te red, en hy sal hulle help en vrymaak.
21 Die Here sal vir die Egiptenaars sê wie Hy is, en hulle sal Hom leer ken. Hulle sal diere vir Hom offer en ete-offers bring, hulle sal vir die Here dinge belowe en hulle sal dit doen.
22 Die Here sal die Egiptenaars straf, maar daardie straf sal hulle gesond maak. Hulle sal verander en lewe soos die Here wil hê. Hy sal luister wanneer hulle bid, en Hy sal hulle gesond maak.
23 Daardie dag sal daar ’n pad van Egipte tot by Assirië wees. Die Assiriërs sal in Egipte kom en die Egiptenaars sal in Assirië kom. Hulle sal saam die Here dien.
24 Daardie dag sal die Israeliete ook so belangrik wees soos die Egiptenaars en die Assiriërs, en daarom sal die Here die mense van die aarde seën.