1 Die Here was kwaad en Hy het gepraat teen die land in die woestyn.Die vyande kom uit die woestynsoos stormwinde wat alles wegwaai in die Suid-land.Die vyande kom van daardie land,en almal is bang vir die mensevan die land.
2 Ek het gesiendaar gaan ’n vreeslike ding gebeur.Ek het gesienmense verraai vir Babelen hulle verwoes die land.Kom, mense van Elam en Medië,julle moet kom,en julle moet die stad aanvalvan al die kante.Die Here wil hêdie swaarkry moet ophou.
3 Wanneer ek hoor en sien wat sal gebeur,dan kry ek pyne soos ’n vrouwat ’n baba kry,ek buig krom en ek skrik.
4 Ek weet nie wat om te doen nie,ek word baie bang.Ek was altyd blywanneer dit aand word,maar nou is ek bangwanneer die donker kom.