21 Sê vir hulle en laat hulle besluit:Wie is dit wat lank gelede gesê hetwat sal gebeur?Dit is Ek, die Here.Daar is nie ’n ander God nie.Daar is nie nog ’n Godwat regtig God is en wat mense kan red nie.
22 Almal op die aarde, julle moet na My toe kom,Ek wil julle red.Ek is God, daar is nie ’n ander God nie.
23 Ek het vir Myself belowe,Ek het dit vas besluit, en dit sal gebeur:Elke knie sal voor My buig,elke mens sal my Naam noem.
24 Hulle sal sê: ‘Net die Herekan mense red en sterk maak.’Almal wat nou sê hulle is kwaad vir die Here,sal nie weet wat om te sêwanneer hulle voor Hom kom staan nie.
25 Maar die hele nageslag van Israelsal aan die Here behoort.Hulle sal wees soos Hy wil hê hulle moet wees,en hulle sal bly wees daaroor.”