5 My hele liggaam is vol wurms en stof,my vel bars, en die vuil bloed vloei daaruit.
6 My dae gaan vinniger verby as ’n wewerspoel,my lewe is amper verby, ek kan niks hoop nie.
7 Onthou, my lewe is soos die wind,dit sal nie weer goed gaan met my nie.
8 Die oë wat my nou sien,sal my nie weer sien nie.Terwyl julle kyk na my,sal ek skielik nie meer daar wees nie.”
9 “’n Wolk word kleiner en dit verdwyn.So verdwyn iemand wat sterf,hy kom nie op uit die doderyk nie.
10 Hy kom nie terug na sy huis nie,die mense van sy woonplekonthou hom nie meer nie.
11 Daarom kan ek nie my mond houen stilbly nie,ek moet praat, want ek kry swaar.Ek moet kla, want dit gaan sleg met my.