18 Bileam het geantwoord en vir die amptenare van Balak gesê: “Ek moet doen wat die Here vir my sê, ook as Balak vir my sy huis vol silwer en goud gee. Ek kan nie minder doen nie en ek kan ook nie meer doen nie.
19 Maar julle moet nou ook vannag hier bly, sodat ek kan hoor wat die Here nog vir my wil sê.”
20 God het in die nag na Bileam toe gekom en vir hom gesê: “As die mans gekom het om jou te roep, dan moet jy gereedmaak en saam met hulle gaan. Maar jy moet net doen wat Ek vir jou sê.”
21 Toe Bileam die volgende oggend opstaan, het hy sy donkie-merrie opgesaal en saam met die amptenare van Balak gegaan.
22 Maar God het baie kwaad geword toe Bileam gaan. Die Engel van die Here het in die pad gaan staan om vir Bileam te stop. Bileam het op sy donkie gery, en sy twee slawe was by hom.
23 Die donkie het gesien dat die Engel van die Here in die pad staan, en dat die Engel sy swaard in sy hand het. Die donkie draai toe uit die pad en gaan in die veld in, maar Bileam het die donkie geslaan om haar te laat terugdraai na die pad.
24 Toe gaan staan die Engel van die Here in ’n nou paadjie tussen die wingerde, daar was ’n muur langs elke kant van die paadjie.