16 Want hierdie man het nie onthouom te doen wat hy belowe het nie.Hy het mense gevolg en gejaagtotdat hulle dood is,mense wat hulleself nie kan help nie,mense wat niks het nieen wat moedeloos is.
17 Hy het gehou daarvan om mense te vervloek,maar daardie slegte dinge moet nou met homself gebeur.Hy het nie daarvan gehou om mense te seën nie,en nou moet niemand hóm seën nie.
18 Hy het elke dag mense vervloek,dit was vir hom dieselfdesoos om elke dag klere aan te trek.Nou moet dit alles met homself gebeur,alles wat hy gesê het.Die slegte dinge moet in hom ingaansoos die water wat hy drink,dit moet tot in sy bene ingaan soos die oliewat hy aan sy vel smeer.
19 Die slegte dinge moet by hom blysoos die klere wat hy aantrek,soos die belt wat hy elke dag dra.”
20 Die Here moet dit alles laat gebeurmet die mense wat my beskuldigen wat vra dat dit sleg moet gaan met my.
21 Maar Here, my Here, ek behoort aan U,en daarom moet U my help.U moet my red, want U doen altydwat U belowe het, en dit is goed.
22 U moet dit doen,want ek kan myself nie help nie,ek het niks, en ek het baie pyn.