1 Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die parskuip. Van Asaf.
2 Julle moet juig, julle moet skreevir die God wat ons beskerm,vir die God van Jakob.
3 Julle moet musiek maaken op tamboeryne slaan,julle moet mooi musiek maakmet liere en harpe.
4 Julle moet die ramshoring blaasop Nuwemaan-dag,en ook wanneer dit volmaan is,die dag wanneer ons feesvier.
5 Want dit is ’n wet vir die mense van Israel,die God van Jakob het dit besluit,
6 Hy het dit vir die nageslag van Josef gesêtoe hulle uit Egipte gekom het.Ek het ’n stem hoor praat wat ek nie ken nie.
7 Die stem het gesê:“Julle moes swaar goed dra,maar Ek het dit afgehaal van julle skouers,julle kon die mandjies neersit.