1 Jesus het geweet dat die Fariseërs gehoor het dat Hy gewild begin raak het en dat Hy meer mense doop as Johannes. Daarom is Hy weer van Judea af terug Galilea toe.
2 (Eintlik het Jesus nie self gedoop nie. Sy volgelinge het dit namens Hom gedoen.)
3-4 ’n Mens kan deur Samaria na Galilea toe gaan.
5 Op pad het Jesus besluit om by Sigar in Samaria te gaan rus. Sigar het naby die stuk grond gelê wat Jakob destyds aan sy seun Josef gegee het.
6 Dit was juis ook die plek waar ’n put oor die fontein van Jakob gebou is. Jesus het sommer by die put gaan uitspan, moeg van die lang pad. Dit was omtrent twaalfuur die middag.
7 ’n Samaritaanse vrou kom toe daar aan om water te skep. Jesus vra haar toe: “Gee My asseblief ’n bietjie water om te drink.”
8 (Sy dissipels was toe reeds dorp toe om kos te gaan koop.)