26 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die Redder, die Messias, wat nou met jou praat.”
27 Net toe kom sy dissipels daar aan. Hulle was nogal verbaas toe hulle Jesus met die vrou sien gesels, maar het nie ’n woord gesê nie. Nie een het eens vir haar gevra: “Wat soek jy?” of vir Hom: “Waarom praat U met haar?” nie.
28 Die vrou is toe terug dorp toe, sonder haar waterkruik. “Kom gou!” het sy die mense geroep. “Ek het ’n vreemde man raakgeloop wat my hele lewensverhaal vir my vertel het.
29 Kom kyk, is Hy nie dalk die Christus nie?”
30 Die mense het nie op hulle laat wag nie, maar is inderhaas uit die dorp uit na Hom toe.
31 By die put het die dissipels intussen vir Hom gesê: “Rabbi, U moet iets eet.”
32 Sy antwoord was: “Ek het my eie kos waarvan julle nie eens weet nie.”