1 Daarna het Jesus die Meer van Galilea (ook bekend as die Meer van Tiberias) oorgesteek.
2 Die mense het Hom nie gelos nie en het om Hom saamgedrom. Hulle het die wonderlike tekens gesien wat Hy gedoen het, soos die siekes wat Hy gesond gemaak het.
3 Hulle het agter Jesus aan teen die berg op geloop, tot waar Hy met sy volgelinge gaan sit het.
4 Die paasfees was naby. Dit was ’n belangrike fees vir die Jode.