46 Die polisie sê toe: “Het julle hom miskien al gehoor praat? Ons het nog nooit so iets gehoor nie; dit was uit ’n ander wêreld!”
47 Die Fariseërs vlieg hulle toe in: “Is julle ook nou heeltemal deurmekaar? Weet julle ook nou nie meer wat die verskil tussen reg en verkeerd is nie? Maak oop julle oë!
48 Sien julle miskien een enkele Joodse leier of Fariseër wat dink hierdie man praat die waarheid?
49 Nou toe! Al mense wat Hy kan beïndruk, is net die dom klomp daar buite. G’n wonder nie, want hulle weet niks van God se wil af nie.”
50 Nikodemus (wat daardie een aand met Jesus kom praat het) was ook ’n Fariseër. Hy sê toe:
51 “Nie so haastig nie. Ons wet sê mos dat iemand eers skuldig is as hy skuldig bevind word. Laat ons die saak eers verder ondersoek.”
52 “Ja-nee, so ’n opmerking kan ’n mens ook net verwag van iemand wat uit Galilea kom,” kap die ander terug. “Gaan lees jou Bybel mooi. Dan sal jy sien dat Galilea nie ’n plek is waar profete nou juis vandaan kom nie.”