10 Die geld is aan die kontrakteurs betaal wat moes sorg dat die tempelgebou herstel word. Hulle moes die geld gebruik om die vakmanne te betaal wat die herstelwerk sou doen.
11 Hulle het dit aan die skrynwerkers en bouers betaal wat gekapte bouklippe en hout vir dakkappe moes koop om die tempel te herstel, wat deur die vorige konings van Juda verniel is.
12 Die manne het hulle werk deeglik gedoen. Die opsigters oor die werk was die Leviete Jagat en Obadja uit die Merarigroep en Sagaria en Mesullam uit die Kehatgroep. ’n Ander groep Leviete, wat vaardige musici was,
13 is in beheer van die draers en die arbeiders met hulle verskillende soorte werk geplaas. Nog ander Leviete is gebruik as sekretarisse, klerke en poortwagte.
14 Terwyl hulle die geld bymekaargemaak het wat die mense na die tempel van die Here gebring het, het Gilkija, die priester, die wetboek van die Here gekry. Dit is die wetboek wat die Here vir Moses gegee het.
15 Gilkija het vir Safan, die sekretaris, gesê: “Ek het die wetboek in die Here se tempel gekry!”Gilkija het toe die boekrol vir Safan gegee.
16 Safan het die boekrol dadelik na die koning gebring en verslag gedoen: “Almal vir wie u werk gegee het, is aan die gang.