13 400 granate wat in twee rye aan die kettingwerk vasgeheg is;
14 die waterwaentjies met die wasbakke bo-op;
15 die see;die twaalf beeste waarop die see gerus het;
16 die bakke, skopgrawe, vurke en al die ander gereedskap.Dit alles het die meestervakman Hiram van gepoleerde brons vir die tempel van die Here gemaak.
17 Die gietwerk het Salomo in die Jordaanvallei, tussen Sukkot en Saretan, laat doen. Dit is in gietvorms van klei gedoen.
18 Daar is soveel brons vir al die goed gebruik dat dit onmoontlik was om al die metaal te weeg.
19 Salomo het die volgende voorwerpe vir die tempel laat maak: die goue altaar; die tafels vir die offerbrood;