9 Edom se riviere sal in teer verander en die grond in swael. Die hele land sal een stuk brandende teer word
10 wat dag en nag sal bly brand sodat die rook gedurig daaruit optrek. Die land sal geslagte lank in puin lê tot in die verre toekoms en niemand sal weer daardeur trek nie.
11 Die enigste inwoners van die land sal uile en kraaie wees. Die Here gaan Edom uitmeet met ’n maatband wat verwoesting saai en ’n waterpas wat vernietiging uitwys.
12 Daar sal nie meer ’n koninkryk wees waaroor ’n koning kan regeer nie en daar sal ook nie een van die leiers oorbly wat sou kon leiding gee nie.
13 Daar sal dorings in die paleise van Edom opkom en welig daar groei. Hulle forte en ander versterkte plekke sal toegegroei wees van allerhande onkruid. Die bouvalle van hierdie plekke sal die lêplek van die jakkalse en die volstruise word.
14 Die wilde diere van die woestyn en die hiënas sal saam daar aas en hulle getjank sal soos die geluid van duiwelse geeste klink. Die vroulike naggees Lilith sal haar blyplek daar maak.
15 Gevaarlike slange sal daar nes maak en eiers lê en die eiers sal daar uitbroei. Ook die aasvoëls sal dit hulle bymekaarkomplek maak.