2 “Luister na my, al julle verstandige mense, julle wat kennis en besondere insig het.
3 ’n Mens proe gewoonlik aan kos om die smaak te toets. Daarom moet ’n mens mooi luister en toets wat ander sê.
4 Ons moet elkeen probeer uitvind wat reg is en dan besluit ons saam wat die beste is.
5 Want Job het gesê: ‘Ek is onskuldig, maar God keer dat ek reg behandel word.
6 Al is ek onskuldig, noem mense my ’n leuenaar. Ek sit met ’n ongeneeslike siekte en ek het niks eens verkeerd gedoen nie.’
7 “Hierdie Job is darem vir jou arrogant. Hy beledig die Here net so maklik soos hy water sou drink.
8 ’n Mens kry hom in die geselskap van mense wat verkeerde dinge doen. Die kwaaddoeners is sy vriende.