27 Hulle is nie meer aan die Here lojaal nie. Hulle steur hulle nie aan wat Hy wil hê hulle moet doen nie.
28 Hulle het die arm mense en mense wat swaarkry so sleg behandel dat God hulle noodkrete gehoor het.
29 As die Here stilbly, wie kan Hom daaroor kritiseer? As Hy niks met mense te doen wil hê nie, is almal in die moeilikheid.
30 Hy keer dat mense regeer wat niks met Hom te doen wil hê nie. Hy wil nie hê dat hulle mense verkeerd moet lei nie.
31 “Wat ’n mens vir God behoort te sê, is: ‘Ek het verkeerd gedoen, maar ek sal dit nie meer doen nie.’
32 Of ’n mens moet sê: ‘Wys my as daar iets is wat ek nie raaksien nie. As ek iets verkeerds gedoen het, sal ek ophou om dit te doen.’
33 “Jy weier nou om te erken dat jy skuldig is, Job. Sê my, moet God nou sy straf verander omdat jy nie met Hom saamstem nie? Job, jy moet maar self hieroor besluit, nie ek nie. Sê gerus vir ons wat jy weet!