8 Laat ’n ramp hulle skielik tref sonder dat hulle mooi weet wat aan die gang is. Laat die rampe wat hulle vir ander mense beplan, oor hulle kom. Laat hulle self in die gat val wat hulle vir my gegrawe het.
9 Ek is baie bly oor wat die Here doen. Ek sal opgewonde jubel omdat Hy my lewe red.
10 Alles in my sal uitroep: “Daar is niemand soos die Here nie!Dis net U wat mense wat swak is in hulle nood red.U bevry hulle van mense wat baie sterker is as hulle.U help swak mense uit die kloue van ’n klomp diewe.”
11 Die mense wat my wil seermaak, staan reg om leuens oor my te vertel.Hulle praat kwaad teen my.Hulle beskuldig my van ’n klomp goed waarvan ek niks weet nie.
12 As ek vir hulle goed is, betaal hulle my terug met slegte dinge. Hulle wil my om elke hoek en draai bykom.
13 Toe hulle siek was, was ek hartseer oor hulle lyding. Ek kon selfs nie eet nie. Ek het gevas.Die hele tyd het ek sonder ophou vir hulle gebid.
14 Ek het hulle behandel soos my beste vriend, soos my broer.Ek het oor hulle gehuil soos ’n mens oor jou ma treur wanneer sy doodgaan. Ek was krom van hartseer.