9 U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe.U gee vir ons meer as wat ons nodig het.U is baie goed vir ons.
10 U is ons lewe. U is die lig wat ons lewenspad verlig.
11 God, U moet asseblief nooit ophou om lief te wees vir al u kinders nie, dié mense wat U as God erken en reg voor U lewe.
12 Keer dat hoogmoedige mense my rondstamp.Keer dat sondaars my uit u hand ruk.
13 Slegte mense kom altyd sleg daarvan af by U;op die ou end bly daar niks van hulle oor nie. Hulle bly lê.