4 Die vrou was aangetrek met pers en skarlakenrooi en versier met goud, edelstene en pêrels en sy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol verwerplikhede en die vuilheid van haar seksuele immoraliteit
5 en tussen haar oë is geskryf: die geheime, groot Bavel, die moeder van hoere en van die vuilhede van die aarde.
6 Ek het die vrou gesien wat dronk was van die bloed van die afgesonderdes en van die bloed van die getuies van Yeshua en ek was verbaas met ’n groot verbasing toe ek haar sien.
7 Die engel sê vir my: “Waarom is jy verwonderd? Ek sal jou die geheim van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings wat haar dra.Dan 7:19-25 Hulle wat op die aarde bly, wie se name nie van die skepping van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie en naderkom.
8 Die dier wat jy gesien het, was nie en is nie en is op die punt om uit die see uit op te kom en gaan na vernietiging.
9 Hier is die betekenis vir dié een wat wysheid het. Die sewe koppe is sewe berge waarop die vrou sit
10 en daar is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie en wanneer hy kom, is vir hom net ’n kort rukkie gegee om te bly.