4 Op hierdie dag gaan julle uit, in die maand Aviv.
5 Dit sal wees, wanneer יהוה jou bring in die land van die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee, ’n land wat vloei met melk en heuning, dan moet jy hierdie gebruik in hierdie maand hou.
6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet en op die sewende dag sal daar ’n fees wees tot eer van יהוה.
7 Ongesuurde brode moet vir sewe dae geëet word; niks met suurdeeg mag by jou gesien word nie en geen suurdeeg mag tussen julle in jou hele grondgebied gesien word nie.
8 Jy moet dit aan jou seun op dié dag bekendmaak en sê: ‘Dit is as gevolg van wat יהוה vir my gedoen het toe ek uit Mitzrayim uitgetrek het.’
9 Dit sal vir jou as ’n teken wees op jou hand en as ’n herinnering tussen jou oë sodat die wet van יהוה in jou mond mag wees, want deur ’n sterk hand het יהוה jou uit Mitzrayim uitgelei;Deut 6:8; Open 13:16
10 daarom moet jy hierdie instelling hou op die spesifieke bepaalde tyd, van jaar tot jaar.