16 Die priester moet sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is en met sy vinger sewe maal van die olie voor die Teenwoordigheid van יהוה sprinkel.
17 Van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester aan hom wat gereinig word se regteroorbel, aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regter- voet smeer, oor die bloed van die oortredingsoffer.
18 Die res van die olie wat in die priester se hand is, moet hy op die kop, van hom wat gereinig word, gooi. So moet die priester vir hom toedekking doen voor die Teenwoordigheid van יהוה.
19 Die priester moet ook die sondoffer offer en vir hom wat gereinig word, toedekking doen, weens sy onreinheid; daarna moet hy die brandoffer slag.
20 Die priester moet die brandoffer en die graanoffer op die altaar offer. So moet die priester vir hom toedekking doen en hy sal rein wees.
21 As hy egter te arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as oortredingsoffer vat om gewaai te word, om vir hom toedekking te doen; saam met een tiende van ’n efa fyn meel met olie gemeng as graanoffer, ’n log olie
22 en twee tortelduiwe of twee jong duiwe soos wat hy kan bekostig. Die een sal ’n sondoffer wees en die ander ’n brandoffer.