5 laat die vyand my agtervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer en lof in die stof laat lê.
6 Staan op, יהוה, in U woede, lig Uself op teen die woede van my teëstanders en staan op vir my; U het regverdige oordeel aangestel!
7 Laat die vergadering van die volke U omring; om hulle onthalwe keer terug na bo!
8 יהוה oordeel die volke. Oordeel oor my, יהוה, volgens my onpartydige opregtheid en my integriteit wat in my is.
9 Laat die boosheid van die wetsoortreders tot ’n einde kom, maar bevestig die regverdige, o Ondersoeker van die verstand, wil en emosies en die lewens!
10 My skild is by God wat die opregtes van verstand, wil en emosie red.
11 God is ’n regverdige Regter en ’n God wat nie elke dag kwaad is nie.