5 Die mense sal onderdruk word, elkeen deur ’n ander en elkeen deur sy naaste; die jeug sal teen die oueres en die ondergeskiktes teen die eerbares aanstorm.
6 Wanneer ’n man sy broer in die huis van sy vader gryp en sê: “Jy het ’n kleed, jy moet ons heerser wees en hierdie puinhoop regeer,”
7 dan sal hy in dié dag protesteer en sê: “Ek sal nie julle leier wees nie, want in my huis is daar geen brood of kleed nie; julle kan my nie aanstel as heerser oor die mense nie,”
8 want Yerushalayim het gestruikel en Y’hudah het geval, want hulle gepraat en hulle dade is teen יהוה, om teen Sy verhoogde Teenwoordigheid te rebelleer.
9 Die uitdrukking van hulle gesigte getuig teen hulle en hulle vertoon hulle sonde soos S’dom; hulle steek dit nie eens weg nie. Wee hulle, want hulle het boosheid op hulleself gebring!
10 Sê vir die regverdiges dat dit met hulle goed sal gaan, want hulle sal die vrug van hul dade eet.
11 Wee die oortreder van die wet! Met hom sal dit sleg gaan, want wat hy verdien, sal aan hom gedoen word.