19 want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.
20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?
21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;
22 want die Jode vra ’n teken en die Grieke soek wysheid,
23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ’n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;
24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.
25 Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.