2 EN ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
4 Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan;
5 maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.
6 Want as ’n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ’n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
7 Want ’n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
8 Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.