9 Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
10 Daarom moet die vrou ’n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
11 En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.
12 Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.
13 Oordeel self: Is dit betaamlik dat ’n vrou met onbedekte hoof tot God bid?
14 Of leer ook die natuur self julle nie dat as ’n man lang hare dra, dit vir hom ’n oneer is nie;
15 maar as ’n vrou lang hare dra, dit vir haar ’n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as ’n bedekking?