18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
20 en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
21 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;
22 of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle;
23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.