22 Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ’n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ’n slaaf van Christus.
23 Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
24 Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
25 In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
26 Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood — dat dit goed is vir ’n mens om so te bly.
27 Is jy aan ’n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ’n vrou, moenie ’n vrou soek nie.
28 Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ’n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.